Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC se keuse as speaker nie tot voordeel van die parlement

Die verkiesing van Nosiviwe Mapisa-Nqakula as speaker van Nasionale Vergadering (NV) kom as geen verrassing vir die VF Plus nie. Die ANC het ‘n meerderheid in die NV en dit was ‘n gegewe dat die regerende party haar as sy kandidaat sou ondersteun.

‘n Opmerking van mnr. Bheki Cele (minister van polisie) tydens die stemproses dat Mapisa-Nqakula geen keuse gehad het as om haar vir die pos beskikbaar te stel nie, bied goeie perspektief oor haar verkiesing as speaker.

Die VF Plus se mening is ook dat sy inderdaad geen keuse gehad het nie. Sy is die kandidaat van ‘n bepaalde faksie in die ANC en dit wys opnuut dat die regerende party in sy eie belang optree, en nie in die beste belang van Suid-Afrika nie.

Die VF Plus is om verskeie redes heeltemal gekant teen Mapisa-Nqakula se verkiesing.

Haar opmerking dat sy saam met parlementslede die integriteit van die NV en die parlement sal beskerm, is ironies. Sy is reeds omstrede en het onder meer haar posisie as minister van verdediging misbruik om lede van die uitvoerende gesag in die ANC met belastinggeld na Zimbabwe te neem.

Daarbenewens bestaan daar ernstige aantygings van korrupsie teen Mapisa-Nqakula wat ondersoek gaan word en daar kan nou reeds voorspel word dat alle besonderhede hieroor wat in die media gaan verskyn, elke keer ‘n refleksie gaan werp op die parlement en haar pos as speaker.

Die publiek sal met rede kan vra hoe parlementslede só ‘n omstrede persoon tot speaker kon verkies indien hulle vooraf van die bewerings teen haar geweet het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.