Die ANC-regering en sy minister van finansies, Nhlanhla Nene, was totaal onbewus van die naderende internasionale ekonomiese slagting wat die wêreld die week soos ‘n tsoenami getref het.
Dit blyk uit antwoorde op ‘n skriftelike parlementêre vraag wat die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, adv. Anton Alberts, reeds twee weke gelede op 14 Augustus aan die minister gevra het oor die moontlikheid van ‘n globale ekonomiese krisis ‘soortgelyk of erger’ as die een van 2008.
Die skokkende antwoord wat die VF Plus gister van Nene ontvang het – juis op die dag wat allerweë as ‘Swart Maandag’ bekend staan en waar die Rand tot sy laaste vlakke ooit geval het, was dat die regering geen inligting het wat op enige krisis dui nie. Hier volg die volledige vrae en antwoorde:
Antwoord van minister:
Adv. Alberts sê dit is duidelik dat die regering nie gereed was vir die gebeure nie
“Hoe is dit moontlik dat die staat met sy kundiges nie die krisis kon voorsien nie? Ons is plaaslik uitgelewer aangesien ons totale ekonomie swak gestruktureerd was, en reeds ‘n krisis van sy eie beleef het.
“Dit is grotendeels veroorsaak deur die ANC se onwerkbare ekonomiese beleid soos Regstellende Aksie en SEB en die endemiese wanbestuur en korrupsie in die regering.
“Die VF Plus het lank reeds tendense van groot wêreldwye probleme opgetel, en veral van ‘n oorverhitte Chinese ekonomie. Boonop het Suid-Afrika nou oormatige blootstelling aan China wat die land nog meer skade kan berokken.
“Die ANC was roekeloos en nalatig, en dit word bewys in hierdie antwoord. Dit is tekenend van die regering op alle gebiede, en hy gaan in aanstaande jaar se verkiesing die prys hiervoor betaal,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403