fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering verantwoordelik vir lae sakevertroue in Suid-Afrika

Die daling in sakevertroue in die land tot sy laagste vlak in nege maande ná die opstande en plundertogte van Julie, kan voor die deur van ‘n swak en oneffektiewe ANC-regering gelê word.

Die VF Plus is van mening dat die onvermoë van wetstoepassingsagentskappe om die opstande te stuit en die ontkenning van die rol van ANC-binnegevegte hierin, veroorsaak dat internasionale handelsbetrekkinge versuur en internasionale beleggers hul voortgesette betrokkenheid in Suid-Afrika heroorweeg.

Die party was deel van die parlementêre portefeuljekomitee vir handel, nywerheid en mededinging se oorsigbesoek aan ondernemings in KwaZulu-Natal en Gauteng verlede week

Terwyl die skade aan ondernemings ná die plundering, onrus en brandstigting die land reeds meer as R50 miljard kos aan omset met sowat 150 000 werksgeleenthede wat in die gedrang is, kan die gebeure die land se ekonomiese groeikoers met soveel as een persent laat verminder.

Die feit dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) sedert 2011 met minder as 3 persent kon groei, bring waarskynlik mee dat omset eers teen 2023 die vlakke kan bereik wat behaal is voor die uitbreek van die Cocid-19-pandemie en die inperkings wat die ekonomie ernstig geknou het.

Sake-ondernemings sal hulself toenemend self moet beveilig en plaaslike ekonomieë deur lokalisme bevorder om die afhanklikheid van groot korporasies vir noodsaaklike lewensmiddele te verminder.

Aktief-deelnemende- en selfstandige gemeenskappe kan bydra tot volhoubare selfstandige gemeenskappe met laer werkloosheidsyfers.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.