fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering toenemend ʼn verleentheid vir Afrika as handelsbestemming

Suid-Afrika, as moondheid met die tweede grootste binnelandse bruto produk-ekonomie in Afrika naas Nigerië, raak toenemend ʼn verleentheid vir Afrika as handelsbestemming en stel selfs die vryhandelsooreenkoms tussen Afrikastate in gevaar

Die ANC het met irrasionele beleidsrigtings, swak regering, staatskaping en korrupsie Suid-Afrika in ʼn uiters benarde situasie laat beland waar beleggersvertroue daal en die hoop op ekonomiese groei en werkskepping skraal is.

Terwyl Suid-Afrikaners toenemend met na-belaste geld moet intree waar die staat faal, die waarde vir belastinggeld minder raak en werkloosheid toeneem, dwing die ANC-regering met irrasionele wetgewing en optrede ʼn groter sosialistiese invloed deur die staat op elke Suid-Afrikaner af.

Die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg in September 2022, wat kopieregbeskerming afwater deur die instel van ʼn menigte kopiereguitsonderings, die Wysigingswet op Diensbillikheid, wat die afdwing van rasteikens daarstel en reeds deur president Cyril Ramaphosa bekragtig is, asook die nasionale gesondheidsversekering-wetgewing wat die ANC-meerderheid die afgelope week deurgedruk het, onteien Suid-Afrikaners van goeie gesondheidsorg en skep ʼn negatiewe klimaat vir beleggersvertroue en ekonomiese groei.

Suid-Afrika loop ook tans die gevaar om uit die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika-ooreenkoms (Agoa) wat die VSA in 2025 sal heroorweeg, uitgeskop te word.

ʼn Aantal Amerikaanse sleutelamptenare het die Withuis versoek om ʼn waarskuwing te rig aan Suid-Afrika deur die 2023 Agoa-forum met Suid-Afrika as gasheerland na ʼn ander land te skuif as waarskuwing teen Suid-Afrika se steun aan Rusland na sy inval in Oekraïne.

Suid Afrika kan geen bevoorregting van die internasionale gemeenskap verwag nie en sal mededingend moet presteer om sy posisie in die internasionale sake-en handelsgemeenskap te behou.

Die ANC regering is nie in staat om Suid-Afrika op ʼn wenpad te plaas nie en Suid-Afrikaners moet die 2024-verkiesing benut om die ANC met ʼn veelparty-koalisieregering te vervang.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.