fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering dreig nou ook oor kwotas in die werkplek

Dit raak duidelik dat die ANC-regering nou van dreigtaktiek gebruik begin maak om kwotas in die werkplek en op die sportveld te begin afdwing, ongeag die skade wat dit mag veroorsaak, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor arbeid.

Nadat die minister van sport gister gedreig het om internasionale sportspanne uit Suid-Afrika te hou oor kwotas, dreig die minister van arbeid nou om “die volle mag van die gereg” te gebruik oor transformasieteikens in die werkplek.

Minister Mildred Oliphant het Suid-Afrikaanse werkgewers wat nie aan diensbillikheidsvereistes voldoen soos in die Wet uiteengesit nie, gewaarsku dat hulle net ses maande het om dit reg te stel.

Adv. Alberts sê dit is jammer dat die minister nie ook melding maak van die feit dat wit en bruin lank reeds onderverteenwoordig is in die staatsdiens nie en wat sy beplan om daaraan te doen.

Hy sê die werkloosheidsprobleem sal nooit opgelos word deur heeltyd klem te lê op die bestuursvlakke nie.

“Dit is bekend dat daar nie genoeg ervare en opgeleide swart bestuurders bestaan om bestuursposte landwyd te vul nie.

“Die minister behoort eerder te sê of die ANC regstellende aksie as 'n permanente aspek van ons samelewing sien. Indien nie, moet sy regstellende aksie afskaf in die staatsdiens aangesien swartes daar nou oorverteenwoordig is,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.