fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-raadslede boender VF Plus-raadslid hardhandig uit kantoor waar departementele bestuurders aangehou is

Drie ANC-raadslede van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het gister ‘n VF Plus-raadslid hardhandig uit ‘n kantoor geboender toe sy wou intree om dié raadslede te oortuig om nié departementele bestuurslede teen hul sin aan te hou oor diensleweringsprobleme in die munisipaliteit nie.

Die raadslede het die personeel van die munisipale departement van water en sanitasie huis toe gestuur waarna hulle die bestuurders in ‘n kantoor gekonfronteer het oor diensleweringsprobleme wat nie opgelos word nie.

Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, het aan hulle probeer verduidelik dat die probleme eerder met die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie en die administrateur, Gilberto Martins, bespreek moet word. Senekal is daarop hardhandig by die kantoor uitgeboender.

Emfuleni is onder ANC-beheer op sy knieë gedwing. Dit is dus ironies dat dit juis ANC-raadslede is wat hulle tot hierdie soort optrede wend.

In stede daarvan om munisipale amptenare te konfronteer oor diensleweringsprobleme, moet die ANC-raadslede eerder hand in eie boesem steek oor hul aandeel in die swak dienslewering in Emfuleni.

Onder die ANC is Emfuleni finansieel geplunder, onder gedeeltelike administrasie geplaas en onbevoegde kaders is in hoë poste aangestel.

Munisipale amptenare kan nie verkwalik word omdat die middele ontbreek om hul pligte suksesvol uit te voer nie.

Die VF Plus het Martins versoek om die saak te ondersoek en het ook die drie raadslede se optrede aangemeld by die etiekkomitee van die munisipaliteit.

Navrae: 076 616 2124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.