fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC is besig om finansies op provinsiale vlak in grond in te bestuur

Die VF Plus het gister tydens ‘n virtuele bespreking van die Mpumalanga-wetgewer se aangesuiwerde begroting, sterk standpunt ingeneem en die ANC-regering gekritiseer vir die besnoeiings in sekere departemente se begrotings waar dit die skadelikste is.

Die grootste besnoeiing is aan die begroting van die departement van openbare werke, paaie en vervoer wat verantwoordelik is vir die instandhouding van openbare paaie en veral distrikspaaie.

Volgens die VF Plus is dit kortsigtig om bestaande infrastruktuur in duie te laat stort of nie in stand te hou nie aangesien dít post Covid-19 ‘n groot rol gaan speel in die ekonomiese herstel en groei van die provinsie.

Besnoeiings is onafwendbaar weens die Covid-19-pandemie, maar daar moet eerder op luukshede soos sekuriteitsdienste bespaar word. Sekuriteit behoort die taak van die polisie te wees.

Dit wil voorkom of sekuriteitsdienste tans uitgekontrakteer word aan goed gekonnekteerde kaders van die regerende party teen belaglike hoë tariewe. Dit kos die belastingbetalers van Mpumalanga amper R53 miljoen per maand aan sekuriteit vir provinsiale bates.

Die hemelhoë befondsing van die departement van gesondheid vind nou byval omdat almal terdeë besef dat die Covid-19-pandemie effektief beveg moet word. Die VF Plus het egter gewaarsku dat dit nie gesien moet word as ‘n proeflopie vir die implementering van die onbekostigbare Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) nie.

Die ANC-regering is besig om die land se finansies op provinsiale vlak in die grond in te bestuur. Mpumalanga het nie méér regering nodig nie, maar minder.

Navrae: 084 652 9164 / 076 687 2830

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.