fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC het geen politieke wil om Emfuleni-munisipaliteit van totale ondergang te red nie

Die totale ineenstorting van dienste, en wanadministrasie by die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging), kan net toegeskryf word aan ‘n gebrek aan politieke wil aan die kant van die ANC om die gebied van totale ondergang te red. Intussen word inwoners se lewe erg benadeel.

Die VF Plus het tydens ‘n besoek van die nasionale raad van provinsies (NRP) se gekose komitee vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) aan dié munisipaliteit, knelpunte uitgewys waaronder onreëlmatighede met tenderprosedures, die raad wat hul oorsigrol versaak, die openbare rekeningekomitee wat nie onreëlmatige uitgawes gedurende die 2018/19-finansiele jaar ondersoek het nie en senior bestuur wat nie verantwoordbaar gehou word vir opgeblase werkloosheidversekeringsfonds-uitgawes nie.

Die party is ook van mening dat die finansiële herstelplan onsuksesvol is en daar geen daadwerklike poging is om agterstallige dienstegeld in te samel om so die geldkoffers te verstewig nie.

Die VF Plus het dit onder die komitee se aandag gebring dat die voorsieningsregulasies nie gevolg word met transaksies wat meer as R200 000 beloop nie. In sekere gevalle word mededingers nie uitgenooi om aan ‘n tenderproses deel te neem nie.

Dit is onrusbarend dat die Emfuleni-munisipaliteit nie die hulp van die sakesektor wil aanvaar nie en slegs wil voortbou op hul wankelrige reputasie om die gebied verder in die afgrond in te bestuur.

Die party sal voortgaan om ongerymdhede en die swak administrasie van die ANC-beheerde Emfuleni-munisipaliteit aan die groot klok te hang.

Dit is tyd vir inwoners om ‘n regeringsverandering in Emfuleni teweeg te bring deur met die 2021-plaaslike regeringsverkiesing vir die VF Plus te stem wat al die inwoners van die munisipaliteit se belange op die hart dra.

Navrae: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.