fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC-regering selfs te onbevoeg om ‘n goeie plan soos die Ters-noodfonds te bestuur

(Debat in parlement oor verklaring deur minister oor betaling van werkloosheidsversekering)

Nie eens ‘n goeie en welmenende plan soos die WVF se Ters-noodfonds het enige kans op sukses wanneer dit uitgevoer moet word deur ‘n regering waar swak uitvoering, swakker administrasie en ‘n afwesigheid van oorsig en verantwoording die norm geword het nie.

Die fonds het wel ‘n bedrag van R50 miljoen uitbetaal aan werkers, maar daar is te veel gevalle waar mense in nood in die steek gelaat is, nieteenstaande die feit dat alles aan hul kant in orde was. Dit is onverstaanbaar en die regering sal moet verduidelik hoe dit gebeur het.

Die regering probeer om die skuld af te skuif na ander, soos oneerlike werkgewers wat die Ters-gelde nie oorbetaal aan werkers nie. Daar was wel sulke gevalle, maar die probleem en die agterstand in betalings is veel groter en moet so gou moontlik reggestel word.

Die VF Plus het kennis geneem van die skorsing van die bestuurslede van die WVF. Meer moet egter gedoen word om die ongerymdhede bloot te lê en die skuldiges te vervolg.

Alhoewel die Ters-fonds miljarde rand uitbetaal het, blyk dit dat gewone WVF-eise in die proses agterweë gelaat is. Die VF Plus het reeds baie klagtes ontvang van mense wat nie kraamvoordele, pensioen of WVF-betalings weens afleggings ontvang het nie en steeds nie geholpe kan raak nie.

Die Ters-telefoonhulplyn was ook grootliks nutteloos omdat die nommer meestal nie beantwoord is nie, of geen hulp kon bied aan desperate inbellers nie.

Die wonderlikste plan is net so goed soos die uitvoering daarvan, en wat die Ters-inisiatief aanbetref, het die plan misluk weens die onbevoegdheid van die WVF, die departement van arbeid en die ANC-regering.

Navrae: 072 997 8315

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.