Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

ANC/EFF-koalisie in Ekurhuleni stel nie belang in beter dienslewering

Dit is duidelik dat die ANC/EFF-koalisieregering in die Ekurhuleni-metroraad nie daarin belangstel om dienslewering te verbeter nie.

Die EFF-speaker van die raad, Nthabiseng Tshivhenga, het die VF Plus se mosie vir die hersiening en wysiging van munisipale amptenare se prestasiebeleid, bloot van die tafel gevee.

Die bestaande pretasiebeleid dateer uit 2013 en dit spreek glad nie tot dienslewering nie en is nie in lyn met die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) van die metro nie.

Wetgewing vereis verder dat die beleid jaarliks hersien moet word. Deur die prestasiebeleid agterweë te laat, is die verantwoordhouding van amptenare feitlik onmoontlik en word die taak van oorsigkomitees bemoeilik omrede amptenare geensins verantwoordelik gehou kan word ten opsigte van die prestasiebeleid nie.

Die ondeurdagte besluit van die ANC/EFF-koalisieregering is ʼn bewys dat dienslewering en amptenare se werksetiek nie vir hulle belangrik is nie.

Die VF Plus sal hom nie van stryk bring nie en sal voortgaan om druk op die metro te plaas om prestasiebeoordelings te hersien en te wysig tot voordeel van die inwoners van die metro.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.