fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

ANC beplan diefstal van die bates van Suid-Afrika se handelsvennote

Die nuwe Wet op die Bevordering en Beskerming van Beleggers gee die ANC-regering vir alle praktiese doeleindes die mag om bates van beleggers eensydig te vervreem, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor handel en nywerheid.

Die wet, wat verlede Vrydag in die staatskoerant gepubliseer is, loop tans onder hewige internasionale en plaaslike kritiek deur – veral van beleggerskant – aangesien dit beleggers feitlik alle beskerming ontneem wat voorheen met bilaterale handelsverdrae gebied is.

Volgens adv. Alberts bied die wet feitlik geen beskerming aan beleggers nie, en is die aangeleentheid in werklikheid ‘n krisis van kritieke omvang vir die land se ekonomie aangesien verhoudinge met beleggers, en veral met lidlande van die Europese Unie, lank reeds op wankelende voet is.

“Suid-Afrika het reeds sy handelsverdrae met lande soos België en Duitsland verbreek. Dit terwyl die lande gesorg het vir beleggings van miljarde rande in Suid-Afrika.

“Waar die ou handelsverdrae groot beskerming aan beleggers gebied het, neem die nuwe wet feitlik alles met een veeg weg.

“Die drie belangrikste aspekte hiervan is dat beleggers wat van hul bates vervreem word of andersins benadeel word, hulle nie meer op internasionale bemiddeling en arbitrasie kan beroep nie, vergoeding met onteiening hoef nie meer teen markwaarde te wees nie en die beginsel van billikheid met vergoeding, wat in handelsverdrae gewaarborg is, val ook weg.

“Dit is duidelik dat daar net een rede kan wees vir die wet se totale verwydering van beleggers se regte en dit is dat die regering nou beleggers se bates kan opeis sonder markwaarde vergoeding.

“Hierdie is ‘n skrikwekkende situasie waarvan elke landsburger kennis behoort te neem en dit is nie kritiek en kommer sonder rede nie.

“Die Duitse ambassadeur in Suid-Afrika, dr. Horst Freitag, het verlede maand in ‘n formele gesprek aan my gesê Duitsland en Duitse beleggers is diep bekommerd oor die ANC-regering se kansellering van bilaterale handelsooreenkomste.

“Die VF Plus deel sy kommer, asook dié van alle regdenkendes wat waarsku dat sulke onverstaanbare wette die land in die afsienbare toekoms onberekenbare skade kan aandoen,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommer: 082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.