fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC bedreig vryheid in Suid-Afrika

‘n Ware demokrasie se waarde lê daarin dat dit vryheid vir al sy burgers in ‘n land bied.

Die ANC, veral met sy aanvaarding van die beginsel van onteiening sonder vergoeding, bedreig en vernietig egter met sy optrede een van die hoekstene van ‘n demokrasie en is daarom ‘n bedreiging vir ‘n ware demokrasie deurdat hy die vryheid van sy burgers ontneem.

Veral die Afrikaner se demokratiese regte soos die reg op moedertaal-onderwys word bedreig in ag genome die uitspraak van die Grondwethof oor die gebruik van Afrikaans en Engels by die Universiteit van die Vrystaat, asook die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, se aanslag op Afrikaans.

Hierdie aanslag bedreig direk die vryheid van ‘n sekere segment van die burgers van Suid-Afrika, in besonder alle Afrikaanssprekendes.

Onteiening sonder vergoeding bedreig die vryheid van elke inwoner in die land wat eienaar is van eiendom, en is ‘n oortreding van die Verenigde Nasies (VN) se Handves en Internasionale Deklarasie van Menseregte.

Die ANC is skynheilig deur ‘n groot ophef daarvan te maak dat hy kwansuis Suid-Afrika bevry het en vryheid vir al sy burgers gevestig het aangesien hy as regering tans besig is om demokrasie en die ware vryheid van sy burgers te vernietig.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.