Met mnr. Ahmed Kathrada se dood verloor Suid-Afrika een van die laastes van die ou Mandela-skool politici.
Mnr. Kathrada het ’n belangrike rol gespeel in die tyd na 1994. Hy is toe aangewys as ’n politieke adviseur vir president Mandela. In daardie Mandela-tyd is na wen-wen oplossings vir Suid-Afrika se politieke probleme gesoek.
Mnr. Kathrada se politieke styl het daarby gepas om oplossings te soek wat probeer om almal te akkomodeer. Tans ervaar ons ’n politieke styl waar groepe teen mekaar opgesweep word met rasse stereotipering aan alle kante. Dit was nie mnr. Katrhada se styl nie en verklaar waarskynlik waarom hy baie krities op die huidige regering was.
Van die 400 parlementslede wat in 1994 tot die parlement verkies is, waaronder mnr. Kathrada, is skaars tien vandag nog in die parlement. Dit beteken wel ’n groot vernuwing van gesigte in die parlement, maar daarmee saam het baie kontinuiteit, organisasiegeheue en wysheid van die verlede verlore gegaan. In daardie opsig is mnr. Kathrada se rustige politieke bydrae, ’n verlies vir Suid-Afrika.
Die Vryheidsfront Plus spreek sy simpatie uit met die familie van mnr. Kathrada wat vanaf Schweizer-Reneke kom waar ek vir ses jaar woonagtig en parlementslid was.
Kontaknommer: 083 419 5403