Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Agteruitgang van Tshwane-rioolaanlegte kan nie langer weggesteek word nie

Amptenare van die Tshwane-metro kan nie langer die ineenstorting van die metro se rioolsuiweringsaanlegte wegsteek nie. Dit bring inwoners se gesondheid in die gedrang en oortree omgewingswette.

Luidens ’n kwartaaloorsigverslag van die departement van nutswerke wat voor die raad gedien het, is dit duidelik dat die kern-rioolsuiweringsaanlegte selfs verder agteruitgegaan het.

Sunderland en Sandspruitstaan funksioneer op ‘n skokkende- 26.3%, Rooiwal Noord op 17.9% terwyl Babelegi ineengestort het tot ‘n skrake17.4% voldoening.

Die verslag swyg egter in alle tale oor die metro se ander 12 suiweringsaanlegte. Deur te versuim om oor die stand van die res van hierdie aanlegte verslag te doen, probeer die koalisieregering doelbewus die omvang van ’n moontlike ekologiese ramp toesmeer.

Hierdie swak bestuur van die rioolsuiweringsaanlegte is nie net onbevoegdheid nie; dit is ’n misdaad teen gemeenskappe wat van skoon water afhanklik is.

Weens hierdie ineenstorting word onverwerkte riool daagliks in riviere soos die Apies, Hennops en elke rivier in en rondom Pretoria gepomp.

Dit maak dit vir stroomaf-aanlegte onmoontlik om veilige drinkwater te lewer.

Gevolglik het die gehalte van die kraanwater in Temba en Bronkhorstspruit ver onder die nasionale wetlike veiligheidstandaard (SANS 241) gedaal.

Hierdie besoedelde water in krane hou ’n direkte gesondheidsrisiko vir gesinne in. Verder kan boere in die omgewing nie meer die rivierwater gebruik nie, en die ondergrondse watertafel word so ernstig besoedel dat boorgate onbruikbaar gemaak word.

Die VF Plus het die raad reeds herhaaldelik gewaarsku om voldoende fondse in die begroting te bewillig om hierdie aanlegte weer ten volle funksioneel te kry.

Die party het ook ernstig gewaarsku teen die aanstelling van onopgeleide personeel, die oorbelading van spesifieke aanlegte en die onreëlmatige verskuiwing van fondse wat geoormerk is vir infrastruktuur.

Die VF Plus verwerp die koalisie se pogings om hierdie kritieke data te manipuleer of agter kwartaallikse tussenposes te verskuif om die waarheid voor die komende verkiesing te begrawe.

Waar ander partye wegkyk, staan die VF Plus in die finale verdedigingslinie vir fiskale dissipline en inwoners se grondwetlike reg op ’n veilige omgewing.

’n Stem vir die VF Plus op 4 November is ’n stem om die verrotting te stop, aanspreeklikheid af te dwing en gemeenskappe se reg op skoon water onwrikbaar te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.