fbpx
Vryheidsfront Plus

Agterstand met DNS-toetse kan net erger raak

(Debat in parlement)

Die agterstand met misdaadverwante DNS-toetse in die polisie het in Februarie vanjaar reeds op 172 787 gestaan en die probleem kan vererger weens ‘n regsgeding oor die intellektuele besitreg van die stelsel wat met die DNS-toetsing gebruik word.

Een van de hoofredes wat aanvanklik tot die agterstand gelei het, is dat daar volgens polisieminister Bheki Cele self, nie voldoende verbruikersmiddels vir die polisie se onderskeie forensiese laboratoria was om die toetse mee uit te voer nie.

Die ander rede is die probleme rondom die elektroniese bestuurstelsel van die maatskappy Forensic Data Analysts (FDA). FDA weier sedert verlede jaar weens ’n geldgeskil met die polisie dat sy tegnologie- en inligtingstegnologiestelsels vir DNS- en vuurwapentoetse gebruik word.

Die gebruik van FDA se stelsels is reeds in Junie verlede jaar beëindig ná nege hofsake rakende die intellektuele besitreg van die stelsels. Die polisie het al die sake verloor. Selfs die Grondwethof het ten gunste van FDA beslis in die geskil.

Daar is nou sprake van ‘n nuwe digitale DNS-stelsel van die staat se inligtingstegnologie-agentskap (Sita) wat sedert 6 April gebruik word om die saak te beredder en die agterstand uit te wis.

Die waarheid is egter dat FDA vandag reeds ‘n nuwe hofaansoek gebring het oor die feit dat Sita glo steeds FDA se intellektuele eiendom vir die digitale stelsel gebruik.

Dit is heel waarskynlik dat ‘n hofbevel die gebruik van Sita se stelsel gaan stopsit wat die probleem van voor kan laat begin.

Dit gebeur ten koste van misdaadslagoffers in Suid-Afrika. Die onmin tussen die polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole en die minister Cele moet daarom nou bygelê word.

Net so belangrik is dat die ANC nou sy interne faksieprobleme moet bylê sodat die regering kan fokus op Suid-Afrika. Die enigste wat voordeel uit die huidige chaos trek, is misdadigers.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.