fbpx
Vryheidsfront Plus

Zuma se vonnis ‘n klug en ‘n ondermyning van strafregstelsel

Die feit dat die departement van korrektiewe dienste aangekondig het dat oudpres. Jacob Zuma sy vonnis van vyftien maande uitgedien het, is ‘n bewys dat die vonnis nog die hele tyd ’n klug was.

Dit is terselfdertyd ’n ondermyning van die land se strafregstelsel.

Toe Zuma hom die eerste keer self gaan aanmeld het om met sy vonnis te begin, het ek gewaarsku dat daar absolute deursigtigheid moet wees met die vonnis om ’n herhaling van die Schabir Shaik-klugspel te voorkom.

Dit is nou presies wat gebeur het.

Ek neem die regering en die departement van justisie en korrektiewe dienste kwalik omdat hulle toegelaat het dat Zuma se vonnis op hierdie wyse verstryk het.

Dit is baie duidelik dat hier voorkeurbehandeling vir Zuma as politikus en vorige president was. Dit skep ook ’n netelige presedent in Suid-Afrika en bevestig die probleem van straffeloosheid.

Dit kom daarom neer dat Zuma sy straf vrygespring het ná sy optrede waar hy die wette van die land oortree het.

Daar moet steeds seker gemaak word of Zuma in die eerste plek wel die reg gehad het om op parool vrygelaat te word.

Die standpunt van die VF Plus is dat indien dit onwettig was, hy die res van sy vonnis moet uitdien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.