fbpx
Vryheidsfront Plus

Zondo stuur regte sein met besluit om Myeni te laat vervolg

Die VF Plus steun die besluit van adjunk-hoofregter Raymond Zondo om Dudu Myeni, voormalige SAL-voorsitter, strafregtelik te laat vervolg. 

Die volg kort op sy besluit om ook vir oud-president Jacob Zuma te laat vervolg.

Dit is belangrik dat regter Zondo streng optree teen diegene wat die Kommissiewet oortree.

Myeni het in haar onlangse getuienis voor die kommissie glo ’n bevel van Zondo geminag deur die identiteit van ‘n sekere mnr. X bekend te maak.

Hierdie optrede van Zondo stuur ‘n sterk boodskap aan alle persone wat gelas word om te getuig, dat die kommissie ‘n ernstige poging is om korrupsie te ontbloot.

Dit is in die beste belang van Suid-Afrika dat die skuldiges eindelik aangekla en strafregtelik vervolg word vir hul wandade teenoor die belastingbetalers van Suid-Afrika.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.