fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

WVF moet oop kaarte speel oor TERS-fonds

"Die staking van betalings deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se tydelike werknemersverligtingsfonds (WVF-TERS) bewys dat die probleme by die fonds veel erger is as wat die minister en die departement van arbeid te kenne gee," sê Heloïse Denner, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van arbeid.

"Die Ouditeur-Generaal (OG) is tans besig met ‘n ondersoek na ongerymdhede by die fonds en het reeds verskeie korrupte transaksies, soos uitbetalings aan oorledenes, minderjariges en ontvangers van ander staatstoelae, ontbloot.

"Hierdie is die tweede staking van betalings in minder as ‘n maand weens sodanige ongerymdhede by die fonds. Die eerste staking was weens dieselfde redes. Die feit dat betalings weer gestaak is midde in die OG se ondersoek, dui daarop dat die probleme en ongerymdhede by die fonds veel groter afmetings aanneem.

 

"Die feit dat die WVF bloot aangekondig het dat betalings gestaak word en dat ‘n aankondiging gemaak sal word wanneer betalings weer sal hervat, is nie aanvaarbaar nie."

 

"Die fonds en die departement van arbeid moet oop kaarte met die publiek en veral begunstigdes van hierdie broodnodige fondse speel.

"Die VF Plus word daagliks oorval met klagtes van begunstigdes wat nie betyds hul geld van TERS ontvang nie, sommiges wag nog vir betalings vanaf April en wat letterlik nie geld het om vir hul kinders te sorg of kos te koop nie.

"Belangrike kontroles wat nie met aanvang van die TERS-fonds ingebou is nie, moet dringend ingebou word ten einde verdere oponthoud met uitbetalings te voorkom sodat begunstigdes hul geld so spoedig as moontlik kan ontvang," sê Denner.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.