fbpx
Vryheidsfront Plus

Wet op Befondsing van Politieke Partye sal veelparty-demokrasie bevorder

Die VF Plus beskou president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Wet op die Befondsing van Politieke Partye as die regte optrede wat lank reeds moes gebeur aangesien die wetsontwerp reeds sedert Juliemaand verlede jaar op die president se tafel lê.

"Hierdie wet bring ‘n meer regverdige bedeling en verdeling van belastingbetalers se geld wat in terme van Artikel 236 van die Grondwet aan politieke partye wat in die parlement verteenwoordig is, beskikbaar gestel word om veelparty demokrasie te bevorder," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê die VF Plus was nog altyd ten gunste daarvan dat skenkings aan politieke partye openbaar gemaak moet word sodat kiesers kan sien wie die onderskeie partye, en in besonder die regering van die dag, befonds om sodoende makliker te bepaal wie moontlik bevoordeel word deur staatskontrakte.

"Deursigtigheid sal onreëlmatighede tot ‘n groot mate aan bande lê.

"Die wet bepaal nou dat alle skenkings van R100 000 of meer aan partye geopenbaar moet word, en skenkings van buitelandse instellings of regerings is nie meer toelaatbaar nie.

"Die VF Plus het sedert Desember verlede jaar gesê die presidensie moet verklaar waarom die president die wet nie wil teken nie en het die vermoede uitgespreek dat die ondertekening daarvan die ANC sou benadeel.

" ‘n Tipiese voorbeeld is die manifesbekendstelling van die ANC waar gaste R500 000 moes betaal om aan ‘n tafel saam met die president te sit. Indien die wet toe reeds onderteken was, sou elkeen van daardie skenkers bekend gemaak moes word.

"Deur volgehoue druk van die VF Plus is die wet nou eindelik onderteken, en dit sal beslis bydra tot die bevordering van veelparty-demokrasie," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.