Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Wet oor gesondheidsinstituut is goed op papier, maar VF Plus het bedenkinge oor sommige aspekte

"Die Wetsontwerp op die Nasionale Openbare Gesondheidinstituut van Suid-Afrika hou groot voordele in, maar die VF Plus het bedenkinge oor verskeie aspekte soos die feit dat die minister die instituut se raadlede self kan aanstel," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Die wetsontwerp het dit ten doel om koördinering te laat plaasvind tussen die nasionale instituut vir oordraagbare siektes, die nasionale instituut vir nie-oordraagbare siektes, die nasionale kankerregister en ander rolspelers.

"Sodanige koördinering kan daartoe bydra om vroegtydig bewus te raak van ‘n siekte soos veroorsaak deur die koronavirus in Suid-Afrika en om betyds daarteen op te tree. Sinvolle samewerking en interaksie sal ‘n vereiste wees om die nodige resultate te verkry en die wetsontwerp stel dit ten doel.

"Aandag moet geskenk word aan die kommer van CANSA oor die kankerregister. Dit is bekend dat die register nie op datum was nie en nie behoorlik aangewend is nie. Die VF Plus hoop hierdie probleem sal wel aandag geniet," sê van Staden.

Die VF Plus se kwelpunte oor die Wetsontwerp is die volgende:

1. Die instituut mag nie nog ‘n staatsentiteit word soos voorsiening gemaak word in Artikel 2 van die wetsontwerp nie.

2. Die magte van die minister om lede van die raad aan te stel, soos vervat in Artikel 5 van die wetsontwerp, is problematies. Die magte en bevoegdhede moet eerder nie in een persoon rus nie, maar in ‘n breër belangegroep.

3. Sal daar na môre se begrotingsrede van die minister van finansies genoeg geld in die departement van gesondheid se rekening wees om hierdie instituut te laat realiseer?

Die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid sal die departement van gesondheid fyn moet monitor rakende die implementering van die instelling.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.