fbpx
Vryheidsfront Plus

Werkloosheid in Suid-Afrika is rampspoedig

"Die werkloosheidskoers wat volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste kwartaalverslag tot 29.1% gestyg het tot die hoogste in wat die land in die afgelope 11 jaar beleef het, is rampspoedig," sê Heloïse Jordaan, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van arbeid.

"Die regerende ANC se ondeurdagte en populistiese beleidsrigtings, asook sy gebrek aan die politieke wil om werkloosheid te bekamp, vererger die situasie.

"Beleidsrigtings soos onteiening sonder vergoeding, wat beleggersonsekerheid veroorsaak, sowel as ander regeringsmislukkings soos die algehele gebrek aan dienslewering en die vernietiging van plaaslike regering, bevorder hierdie rampspoedige situasie.

 

" ‘n Ekonomie kan nie floreer wanneer die mees basiese dienste in munisipaliteite nie gelewer word nie. Plaaslike ekonomieë word gekniehalter deur swak plaaslike regering wat die ekonomiese uitsette van plaaslike ondernemings demp en werkskepping beperk."

 

"Die druk op die fiskus wat deur oorbodige salarisrekeninge vererger word, is ook ‘n onvolhoubare situasie. Die staat het ‘n werkgewer in plaas van ‘n werkskepper geword.

"Die ANC het in 25 jaar aan bewind klaaglik daarin misluk om ‘n gesonde ekonomie met volhoubare werkskepping te bewerkstellig. Die staat se salarisrekening is onvolhoubaar hoog en sal besnoei moet word. Dit sal ongelukkig aanleiding gee tot ‘n selfs hoër werkloosheidskoers, wat die toedoen van die ANC self is.

"Die ANC kan Suid-Afrika nie meer regeer nie. Miljoene mense is werkloos, honger, arm en sonder die mees basiese dienste soos water- en elektrisiteitsvoorsiening terwyl die regerende party hom deur vakbonde laat voorskryf. Daar moet erns gemaak word met hierdie krisis," sê Jordaan.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.