Goeie nuus vir die inwoners van Krugersdorp is dat die watertekort by lisensiekantore in Delporten iets van die verlede is.
Die afgelope maande moes die lisensiekantore feitlik elke dag sy kantore om elfuur sluit weens ‘n tekort aan water.
Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) het intussen ‘n oplossing gesoek om die probleem op te los.
Die munisipaliteit het twee watertenks van 10 000 liter by die lisensiekantore geïnstalleer wat aan die hooftoevoer-waterstelsel gekoppel is.
Die lisensiekantore sal nou weer op sy gewone ure oop wees asook elke derde Saterdag van die maand.
Woensdae word voorkeur aan pensioenarisse gegee wat hul voertuig- en bestuurslisensies wil hernu.
Watertekorte ontstaan gereeld in Krugersdorp wat weens onder meer beurtkrag veroorsaak word omdat Randwater nie voortdurend water na opgaardamme kan pomp nie.
Die VF Plus, as deel van die koalisieregering in Mogale City, is hard aan die werk om dié munisipaliteit weer op te hef ná die ANC se vernietigingswerk.