Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Waarnemende hoof van NVG sal homself moet bewys

Die pas aangestelde waarnemende hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), dr. Silas Ramaite, sal moet bewys dat hy selfstandig kan optree en dat hy nie gekontamineer is nie deur sy termyn as adjunk vir die gediskrediteerde vorige hoof van die NVG, Shaun Abrahams.

Die VF Plus neem kennis van die vinnige optrede van pres. Cyril Ramaphosa om ‘n waarnemende hoof aan te stel.

"Dit is betreurenswaardig dat die president nie ‘n persoon aangestel het wat geen bagasie van die NVG saamdra nie," sê Corné Mulder, VF Plus-parlementêre woordvoerder vir justisie.

"Die pluspunte is vir dr. Ramaite is dat hy ‘n hoogs gekwalifiseerde regsgeleerde en advokaat is met vyftien jaar ervaring by die NVG.

"Terselfdertyd sal sy termyn oor die laaste jare by die NVG die kollig fel op dr. Ramaite laat skyn en hy sal ‘n groot taak op hande hê om die geloofwaardigheid in die kantoor van die NVG te herstel en te wys dat hy nie deur ‘n politieke poppemeester beheer word nie," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.