Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vuurwapenwet: Voorgestelde wysigings sal misdaad bevorder

Die leier van die VF Plus, dr Pieter Groenewald, sê die uitgelekte konsep wysigingswet op die Beheer van Vuurwapens waarin voorgestel word dat lisensies vir vuurwapens nie meer vir selfverdediging uitgereik moet word nie, is nie net absurd nie, maar sal misdaad bevorder.

Groenewald sê die jongste misdaadsyfers is ‘n bewys dat die polisie misdaad, en veral geweldsmisdaad, nie onder beheer het nie en dus faal in sy grondwetlike plig om die mense en hulle besittings in Suid-Afrika te beskerm.

"Indien die staat jou nie kan beskerm nie, het jy die volste reg om jou en jou gesin met al die moontlike middels te beskerm, insluitend die besit van ‘n vuurwapen ter selfverdediging. Dit is ook ‘n gemeenregtelike reg wat elkeen het.

"Die regering moet ophou om homself te mislei deur die indruk te probeer wek dat vuurwapens die oorsaak is van die hoë moordsyfer in Suid-Afrika. Dié persepsie word misbruik en as rookskerm gebruik om sy eie onbevoegdheid te verbloem.

"Die ontwapening van die burgery sal misdadigers bevoordeel en misdaad bevorder wat dramaties sal toeneem.

"Alhoewel hierdie inligting van ‘n uitgelekte en verouderde voorgestelde konsep-wysigingswetsontwerp is, weerspieël dit die denke van die regering en die polisie, en die VF Plus sal dit beslis op elke wyse moontlik beveg.

"Die VF Plus is ten gunste van vuurwapenbesit en dr. Groenewald is tans besig is met die proses van ‘n private wetsontwerp in die parlement om juis vuurwapeneienaars se reg op die besit van hul vuurwapens te beskerm en om te verhinder dat hul wapens onteien word indien die lisensies verval en daar nie betyds heraansoek gedoen is vir ‘n nuwe lisensie nie," sê Groenewald

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.