Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vroeë tekens oor Eskom se vermoë om krag te voorsien in 2020 is kommerwekkend

"Die feit dat Eskom munisipaliteite aanraai om nou reeds hul skedules aan te pas om voorsiening te maak vir moontlike fase agt-beurtkrag, voorspel niks goed vir Suid-Afrika se ekonomie én vir 2020 wat beurtkrag aanbetref nie," sê Wouter Wessels, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van openbare ondernemings.

"Dit is onaanvaarbaar dat meer nie gedoen word om totale onderbrekings van tot twaalf ure lank te verhinder nie. Geen ekonomie kan groei terwyl beurtkrag toegepas word wat sake-ondernemings, fabrieke en myne ernstig benadeel nie.

 

"Indien die situasie voortduur, sal dit onvermydelik lei tot die totale verswakking van die ekonomie en ‘n verlies aan werkgeleenthede. Om hierdie redes raak dringende ingryping nou van die allergrootste belang."

 

"Hierdie kragte gaan nie jare lank geduldig wag vir ‘n omkeerstrategie om in werking gestel te word nie. Kundiges meen dit sal so lank as vyf jaar duur om Eskom ten volle te herstel om die moontlikheid van beurtkrag te voorkom.

"Die VF Plus is van mening dat daar oor die kort termyn veel meer gedoen moet word om die situasie te beredder. Onnodige kostes sal op verskeie vlakke gesny moet word om Eskom se skuld van R450 miljard aan te spreek.

 

"Intussen sal die gebruik van alternatiewe kragbronne met erns benader moet word om die agtste fase van beurtkrag te vermy."

 

"Eskom het in Desember herstelwerk by baie munisipaliteite gedoen en dit is ‘n positiewe verwikkeling. Alles moontlik moet nou verder gedoen word om faktore wat lei tot verlaagde kragopwekking en beurtkrag, te voorkom. Instandhouding moet prioriteit geniet. Dit bly skokkend dat die ANC oor jare gestaan en toekyk het hoe Eskom in duie stort," sê Wessels.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.