fbpx
Vryheidsfront Plus

Vrae oor ANC-pogings om politieke munt te slaan uit Etzebeth-saak

"Die VF Plus het kennis geneem van ‘n berig vandag op Netwerk24 met die opskrif “Optog in Langebaan beplan oor die Etzebeth-saak”. In die berig word stellings oor die VF Plus gemaak wat kwaadwillig en van alle waarheid ontbloot is," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Luidens die berig sê hy onder meer die bruin gemeenskap staan saam teen ‘n party soos die VF Plus wat “sy rug op die bruin gemeenskap draai”. 

"Ook: “… die VF Plus het sy ondersteuning aan Eben Etzebeth toegesê en gewys dit is oukei vir die wit man om ‘coloureds-mense’ h*tn*tt* te noem en hulle aan te rand”.

"Hierdie uitlatings van Claassen is kommerwekkend en laat die vraag ontstaan tot watter mate die ANC betrokke was daarby om ‘n politieke speelbal van die aangeleentheid te maak. Dit is onaanvaarbaar en gevaarlik vir ‘n politieke party om sulke aangeleenthede te plooi of te dryf vir politieke gewin.

"Die VF Plus het wel kritiek uitgespreek op die MRK se hantering van die aangeleentheid, en dit is reg bewys deur die MRK se eie erkenning gister dat hy die optrede van die nasionale hoof van sy regsdienste, adv. Buang Jones, rakende die aangeleentheid gaan ondersoek.

 

"Die VF Plus se standpunt oor rassisme is goed gedokumenteer. Die party sal geen vorm van rassisme van enige kant duld nie en keur dit ten sterkste af dat ‘n situasie soos die Etzebeth-aangeleentheid vir goedkoop politieke gewin gebruik word."

 

'Dit het die potensiaal om groot skade te veroorsaak aan menseverhoudinge in die land, soos duidelik in hierdie saak gesien kan word," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.