fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus waarsku oor NGV-proses

"Die VF Plus waarsku dat indien daar weer enige klagte oor inmenging in die openbare deelname-proses van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan wees, sal die party verplig wees om ‘n dispuut teen die hele proses by die parlement te verklaar," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Dit volg nadat dit gister in die media aan die lig gekom het dat die LUR vir gesondheid in die Vrystaat toestemming gegee het dat ‘n amptelike pamflet van die Vrystaatse provinsiale regering versprei word waarin mense aangemoedig word om die NGV-wetsontwerp te steun. Dit is nie die eerste keer dat so ‘n voorval plaasvind nie.

"In Oktober vanjaar het dit aan die lig gekom dat die aptekersraad ‘n ‘boelie’-e-pos aan lede in die farmaseutiese bedryf gestuur het wat aangedui het dat lede ‘n aanhangsel op die e-pos moes voltooi ter ondersteuning van die NGV. Die VF Plus het die minister voor stok gekry in die portefeuljekomitee van gesondheid en ‘n dag daarna het die aptekersraad verskoning aan sy lede gevra oor die e-pos.

"Die VF Plus is tans in die Oos-Kaap om die openbare deelnameproses te monitor en tree ook op as lid van die portefeuljekomitee. Openbare deelname is juis ‘n proses vir die publiek om hul insette oor ‘n bepaalde proses of wetsontwerp te lewer sonder druk of inmenging van ‘n bepaalde regering en om hul demokratiese reg uit te oefen om vir of teen die bepaalde proses of wetsontwerp te wees.

 

"Dit waarmee sommige ondersteuners of amptenare van die regering nou mee besig is, is niks anders nie as ondemokratiese optrede om die NGV-proses te manipuleer om sodoende ‘n uitkoms te bewerkstellig tot voordeel van die regering."

 

"Dit sal ‘n ramp vir Suid-Afrika wees as die NGV aanvaar word as ‘n wet wat voorafgegaan is deur ‘n proses van manipulasie en nie die demokratiese siening van mense of die mediese bedryf weerspieël nie. Die VF Plus voel steeds dat daar met alle medici in die land oor die NGV gekonsulteer moet word en indien die regering die eerbare wil doen, sal hy dadelik so ‘n proses aankondig en uitreik na alle medici.

"Die VF Plus tree in belang van alle Suid-Afrikaners op, hetsy in die private gesondheidsorg of die openbare gesondheidsorg, en sal nie toelaat dat die proses verder deur die regering en die ANC misbruik word tot hul eie voordeel nie," sê van Staden.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.