fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus vra dringende ingryping met beurtkragkrisis wat landbousektor lamlê

Die VF Plus het in ‘n brief aan die minister van landbou, me. Thoko Didiza, gevra vir dringende ingryping met betrekking tot die beurtkragkrisis wat die afgelope drie weke tot groot verliese vir die boeregemeenskap gelei het.

Die VF Plus het klagtes, stemboodskappe en video’s ontvang van boere wat van grootskaalse elektrifisering op hul plase afhanklik is.

Dit is vir onder meer die grootmaak van braaikuikens en vir duisende hektaar gewasse onder spilpuntbesproeiing, sowel as klimaatbeheerde kweekhuisproduksie.

Braaikuikens vrek van die hitte, besproeiingsgewasse verskroei in die son en vrugte verrot in pakhuise weens koelkamers wat nie werk nie.

Die VF Plus het in sy skrywe aan die minister versoek dat haar departement dringend samesprekings met die toepaslike rolspelers hou om onder meer besproeiingsboerderye vry te stel van beurtkrag.

Voedselsekuriteit word bedreig weens die beurtkragkrisis. Suid-Afrika kan net eenvoudig nie nog ‘n krisis bekostig nie.

Die realiteit is dat grootskaalse skade reeds aangerig is, voedseltekorte onvermydelik is en hemelhoë voedselpryse selfs verder die hoogte in gaan skiet.

Die VF Plus eis dat die departement van landbou sy mandaat gestand doen en die landbouers van Suid-Afrika se belange vooropstel.

Suid-Afrikaners en die landbouprodusente wat vir hulle voedselsekuriteit sorg verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.