fbpx
Vryheidsfront Plus

Aanstellingskriteria vir hoof finansiële beamptes by munisipaliteite moet hersien word

Die inhegtenisneming van die hoof finansiële beampte van die Nkumpi-plaaslike munisipaliteit (Lebowakgomo, Zebediela) op aanklagte van beweerde tenderbedrog, is ‘n duidelike aanduiding dat aanstellingskriteria vir hoof finansiële beamptes by munisipaliteite hersien moet word.

Luidens onlangse berigte is Khomotso Grace Manka verlede Saterdag in Polokwane (Pietersburg) op aanklagte van tenderbedrog in hegtenis geneem.

Sy het na bewering ‘n sakeman omkoopgeld gevra om ‘n tender aan sy maatskappy toe te ken. Die sakeman het dit by die Valke aangemeld en sy is in hegtenis geneem.

Manka sou op 1 Februarie as hoof finansiële beampte by die Capricorn-distriksmunisipaliteit begin werk het. Dié munisipaliteit is nou weer sonder die dienste van ’n hoof finansiële beampte wat beteken dienslewering gaan onder die aangeleentheid ly.

Daar sal met nuwe oë gekyk moet word na aanstellingskriteria van hoof finansiële beamptes.

Daar moet weggedoen word met die ANC se uitgediende beleid van kaderontplooiing, regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Aanstellings moet op meriete geskied ongeag velkleur en in die beste belang van inwoners. Onder die ANC sal hierdie doelwit nie bereik word nie.

Die inwoners van die Capricorn-distriksmunisipaliteit verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.