Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom SOE korrupsie-ondersoek in JB Marks

Die VF Plus verwelkom die klopjag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) by die JB Marks-plaaslike munisipaliteit wat tans plaasvind.

Die eenheid het vroeg Donderdagoggend sy opwagting by die munisipale kantore in Potchefstroom gemaak as deel van ʼn ondersoek na grootskaalse tenderkorrupsie in JB Marks.

Die korrupsie hou onder meer verband met onreëlmatighede in die toekenning van en besteding aan kapitaalprojekte en die opgradering en instandhouding van munisipale infrastruktuur.

Verskeie senior bestuurslede in die munisipaliteit word in die ondersoek betrek by die onreëlmatighede.

Dit is ʼn skande dat diegene wat met gemeenskapsbates toevertrou word, juis diegene is wat ʼn leidende rol speel in die stroping daarvan.

Die VF Plus het al telkens sy kommer uitgespreek oor die klaarblyklike wanverhouding tussen geld wat aan projekte bestee word en die uiteindelike waarde wat hierdie besteding van belastinggeld vir die munisipaliteit en inwoners inhou.

Versoeke in die munisipale raad dat die kwessie behoorlik ondersoek word en dat doeltreffende kontroleringsmaatreëls ingestel word, is telkens geïgnoreer.

Die VF Plus sal voortgaan om korrupsie in JB Marks te beveg en bloot te lê waar sulke inligting bekom word.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp ly reeds te lank onder die reeks korrupsieskandale wat kenmerkend van die ANC-geleide administrasie in die munisipaliteit geword het.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.