fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom formele bedanking van JB Marks se burgemeester

Die VF Plus verwelkom die formele bedanking van Kgotso Khumalo as uitvoerende burgemeester van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp).

Die bedanking volg op ‘n dringende skrywe van die VF Plus aan die speaker van die raad, Kgosie Mogoeemang, waarin die party geëis het dat die munisipaliteit formeel reageer op die status van Khumalo se burgemeesterskap.

Die skrywe is gerig nadat daar verwarring ontstaan het as gevolg van verskeie berigte in die media wat sy bedanking aangekondig het. Die munisipaliteit het dit egter nie bevestig nie.

Die speaker het ook skynbaar die VF Plus se raad gevolg deur die relevante wetgewing en prosedures na te kom in die geval van die bedanking van ‘n burgemeester en ‘n dringende raadsvergadering belê vir Vrydag, 14 Mei.

Die VF Plus het deurlopend daarop aangedring dat Khumalo uit sy amp verwyder word nadat hy en twee meelopers reeds verlede jaar deur die Valke gearresteer is weens beweerde diefstal en korrupsie van R5 miljoen by die munisipaliteit.

Die VF Plus sal voortgaan om korrupsie te beveg en skoon administrasie in munisipaliteite te bevorder.

Kiesers moet in die komende plaaslike regeringsverkiesing opstaan, saam met die VF Plus sterk staan en met hul stemme verseker dat die ANC vir eens en vir altyd uit plaaslike regering verwyder word.

Navrae: 082 415 8628

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.