fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom finale boufase van langverwagte hospitaal in Dipaleseng

Die VF Plus in die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) verwelkom die feit dat die beplande Balfour-gemeenskapshospitaal se finale boufase ná 20 jaar uiteindelik 'n einde in sig het.

Inwoners moes vir jare met slegs kliniekdienste tevrede wees. Vir meer gevorderde mediese hulp moes hulle tot dusver na nabye dorpe soos Standerton of Heidelberg reis.

'n Groot persentasie inwoners is afhanklik van provinsiale ambulansdienste waar die gemiddelde wagtyd ongeveer 90 minute is. Dit is lewensgevaarlik vir pasiënte wat nooddienste benodig.

Die beplande amptelike oorhandiging van die hospitaal vind in April 2023 plaas. Mediese personeel sal eers na die oorhandiging aangestel word. Die hospitaal moet dan ook nog met die nodige finale toerusting toegerus word voordat dit vir die publiek sal open.

Die VF Plus het die afgelope naweek die hospitaal gaan besigtig. Dit is 'n pragtige gebou wat aan die hoogste standaarde voldoen.

Daar is 24 beddens, 'n noodgevalle-afdeling, verskeie kraamsale, ‘n nageboortesaal en apteek.

Die VF Plus sal oorsig hou om te verseker dat die hospitaal deeglik onderhou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.