Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom deurbraak rakende bedrog van R58 miljoen in Maluti-a-Phofung

Die VF Plus verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes wat betrek word by bedrog van R58 miljoen in die Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit (Harrismith, Phuthaditjhaba en Kestell).

Die verdagtes word aangekla van onder meer bedrog, korrupsie en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur.

Die klagte hou verband met die onreëlmatige aanstelling van 'n diensverskaffer vir sekuriteitsdienste in 2020.

Die korrupsie het plaasgevind terwyl fondse broodnodig was om vervalle infrastruktuur en ontoereikende dienslewering in die munisipaliteit te herstel.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal 'n voorbeeld van die skuldiges moet maak. Korrupsie mag nie geduld word nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.