fbpx
Vryheidsfront Plus

Stop onwettige immigrante en mynbedrywighede in Krugersdorp

Die VF Plus was gisteroggend deel van verskeie politieke partye wat voor die Krugersdorp-landdroshof saamgekom het as deel van ‘n protesaksie teen onwettige immigrante, mynbedrywighede en misdaad.

Die protesaksie het plaasgevind tydens die verskyning van meer as 80 onwettige immigrante wat die Immigrasiewet oortree het.

Mense kon ook ‘n griefskrif van die VF Plus onderteken om onwettige mynbedrywighede in Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) te laat stopsit.

Die VF Plus het by verskeie geleenthede die polisie gevra om te help met misdaadvoorkoming in West Village, buite Krugersdorp, waar onwettige mynbedrywighede plaasvind en verskeie mense reeds in skietvoorvalle gewond is.

In die jongste voorval is ‘n groep vroue verkrag en beroof wat besig was met die verfilming van ‘n musiekvideo by mynhope in West Village.

Die VF Plus het tydens ‘n oorsigbesoek aan die Wes-Rand verlede maand die mynhuise gevra vir beter veiligheid by ongebruikte skagte.

Swaar gewapende myners wat onwettig goudstof na die oppervlak bring en misdade pleeg, kan nie langer toegelaat word nie. Die polisie sal ernstig moet optree en onwettige immigrante vanuit buurlande stop.

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, lt. genl. Elias Mawela, gevra om die saak ernstig te benader en alle rolspelers te betrek om ‘n einde te maak aan onwettige mynbedrywighede en gepaardgaande misdaad aan die Wes-Rand.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.