Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus verwelkom afdanking van dr. Makwarela as Tshwane-raadslid en -burgemeester

Die VF Plus verwelkom die besluit van die Tshwane-metro se stadsbestuurder, mnr. Johan Mettler, om die Cope-burgemeester, dr. Muranwa Makwarela, af te dank.

Dié besluit volg nadat Makwarela se finansiële status geopenbaar is.

Volgens inligting wat aan Mettler verskaf is, is Makwarela ‘n ongerehabiliteerde insolvent wat volgens die Grondwet nie kwalifiseer om ‘n openbare amp te beklee nie.

Dit is duidelik dat Cope en Makwarela doelbewus sekere inligting verswyg het voordat hy ‘n lid van die veelparty-koalisie in die Tshwane-metro geword en tot speaker verkies is.

Dit is die plig van die politieke party wat ‘n ampsdraer verteenwoordig om te verseker dat daar geen wetlike rede is waarom die persoon nie kan dien as ‘n openbare ampsdraer nie.

Die VF Plus sal met groot ywer voortgaan om die metro tot voordeel van al sy inwoners te dien.

Dit is belangrik om stabiliteit na die metroraad te bring en ‘n bekwame burgemeester, speaker en burgemeesterskomitee aan te stel.

Dit moet so gou moontlik gebeur voordat die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, die metro weer onder administrasie plaas onder ‘n onbevoegde ANC-afgevaardigde.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.