Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus neem met leedwese kennis van afsterwe van Witkruismonument-stigter

Die VF Plus het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van mev. Lita Fourie op 3 Maart 2023.

Mev. Fourie was die stigter van die Tabita-organisasie teen plaasaanvalle en van die Witkruismonument teen die Ysterberg in Limpopo.

Sy het dié projek in 2004 begin nadat haar ouers, John en Bina Cross, wreed op hul plaas naby Gravelotte in Limpopo vermoor is op 16 April 2000.

Daar is jaarliks ‘n saamtrek gehou waartydens die monument in stand gehou en opgegradeer is.

Die VF Plus het dit elke jaar bygewoon en mev. Fourie se afsterwe sal ‘n groot leemte laat.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie met haar man, Teddy, dogter Michelle Fourie, seun Rudi Labuschagne en skoondogter Hester en bid hul vertroosting toe in hierdie hartseertyd.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.