Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van inwoners in die landelike gebiede van Gauteng ná nog twee plaasaanvalle gisteraand op Hekpoort, sê Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng.
In die eerste aanval is ‘n veiligheidswag aangeval maar die aanvallers het op vlug geslaan nadat hulle nie toegang tot die plaashuis kon kry nie.
Kort daarna op die buurplaas is ‘n jong plaasbestuurder en sy vriendin ernstig beseer nadat hulle vermoedelik deur dieselfde aanvallers in hul plaashuis oorval en herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Mulder wat self ook belange op Hekpoort het, doen ‘n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om hulle misdaad intelligensiestelsels op te skerp en saam met die SAPD en plaasveiligheidsinisiatiewe te werk om meer aanvalle te verhoed.


