Die VF Plus het ten tyde van ‘n raadsvergadering van die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp) op 3 Julie 2020, sterk beswaar aangeteken teen tariefverhogings van tot 6% in die munisipaliteit.
Die VF Plus is die enigste party wat die verhogings teengestaan het. ‘n Groot aantal huishoudings en ondernemings ervaar reeds haas ongekende finansiële druk weens die Covid-19-pandemie.
Heelwat ondernemings moes al hul deure sluit en baie huishoudings sit sonder enige inkomste.
Die munisipaliteit wil ook hierdie verhogings instel teen die agtergrond van swak dienslewering en die algemene verval van infrastruktuur.
Sommige strate is vol slaggate, waterlekkasies word nie herstel nie, parke raak ‘n woesteny en die begraafplase is verwaarloos.
Gegewe al hierdie faktore, is enige verhogings in tariewe in 2020 ‘n skande.
Navrae: 083 292 1157