fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus reël namens Tshwane se departement van gesondheid anti-dwelmuitreikprogram

Die VF Plus het op 17 Oktober namens die Tshwane-metroraad se departement van gesondheid ‘n anti-dwelmuitreikprogram by die Hoërskool Amandasig in Akasia gereël.

Rina Marx het as VF Plus-raadslid en burgemeesterskomiteelid vir gesondheid en maatskaplike ontwikkeling in die Tshwane-metroraad, die geleentheid gereël en bygewoon.

Leerders is tydens die geleentheid ingelig oor die gevare van dwelmmisbruik.

Die besoek vorm deel van die gemeenskaps-uitreikprogramme van die metro se departement van gesondheid waar beamptes direk met leerders en studente skakel.

Die VF Plus neem as koalisievennoot in die Tshwane-metroraad deel aan die inisiatief.

Die jong mense is ook toegespreek deur kundiges soos dr. Rodney Seale, ‘n motiveringspreker en dr. Michiel van der Merwe, die uitvoerende hoof van die Stabilis-behandelingsentrum vir verslaafdes.

Vorige dwelmverslaafdes het ook spreekbeurte gekry om die leerders in te lig oor die gevare van dwelmmisbruik.

Die metro se gesondheidsdepartement het ‘n toegewyde program geskep om gemeenskappe by te staan teen dwelmmisbruik.

Dit is gedoen met die daarstelling van ‘n plaaslike dwelmaksie-komitee wat as ‘n koördinerende meganisme dien.

Die komitee sentraliseer alle aksies van die metro onder een hoof ten einde meer effektiewe anti-dwelmprogramme daar te stel.

Die departement het ook ‘n 24-uur tolvrye hulplyn, Hopeline, geskep om mense te help wat sukkel met dwelmmisbruik. Hopeline se nommers is 0800 611 197 of 0800 467 347.

Daar is ook verskeie plekke vir berading geskep en om dwelmtoetse uit te voer.

Saam vorm die VF Plus en die metro se gesondheidsdepartement ‘n gedugte front om dwelmmisbruik in die metro te bekamp.

Dit is belangrik om mense te help wat vasgevang is in die bose strik van dwelms.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.