fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus pas druk toe vir privaat Covid-19-toetse by Mercure-hotel in Nelspruit

"Die VF Plus het na volgehoue druk op die departement van gesondheid daarin geslaag om gerepatrieerde Suid-Afrikaners vanuit Mosambiek, wat sedert die afgelope naweek by die Mercure-hotel in Nelspruit onder kwarantyn is, vandag deur privaat laboratoriums te laat toets vir Covid-19," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Die provinsiale regering van Mpumalanga wou nie toelaat dat die mense privaat of deur die staat getoets word nie. Die VF Plus het Maandag met die departement van gesondheid op nasionale vlak oor die aangeleentheid begin kommunikeer.

"Die nasionale departement van gesondheid het daarop met die provinsiale departement van Mpumalanga in verbinding getree.

"Die VF Plus het daarop aangedring dat die mense wat bereid is om self vir die Covid-19-toets te betaal, toegelaat word om deur ‘n private laboratorium getoets te word. Toetse is slegs gratis indien dit deur die staat gedoen word. Hierdie toetsing is om onduidelike redes geweier.

 

"Die VF Plus gaan die saak nie hier laat nie en daar sal op hoë vlak verduidelik moet word waarom die provinsiale departement in Mpumalanga hierdie houding ingeneem het."

 

"Om mense te ontneem van hul reg om getoets te word terwyl hulle in ‘n kwarantyngerief is, om hulle nie van die nodige medikasie te voorsien of voldoende voedsel aan hulle te verskaf nie, is ‘n growwe skending van hul menseregte.

"Mense wat vanuit die buiteland gerepatrieer word en vir veertien dae in kwarantyn moet gaan, se koors moet volgens die regulasies gereeld geneem word en hulle moet ten minste binne 48-uur die Covid-19-toets ondergaan.

"Die mense van Mercure is sedert Saterdag in kwarantyn en moes al teen Maandag getoets gewees het. Vandag is hul vyfde dag in kwarantyn.

"Die VF Plus was ook voortdurend in gesprek met die privaat laboratorium in Nelspruit om hul op gereedheid te hou en is bly dit is nou gedoen," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.