fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus oorhandig griefskrif namens ontstoke inwoners

Die VF Plus het vandag ‘n griefskrif namens die inwoners van die Nala-plaaslike munisipaliteit, wat Wesselsbron en Bothaville bedien, oorhandig. Die griefskrif maak beswaar teen die algehele verval van die munisipaliteit se bestuur en infrastruktuur. Inwoners maak ook beswaar oor hul vir dienste betaal, maar tans in baie gevalle weens die munisipaliteit se onvermoë op eie onkoste infrastruktuur herstel en munisipale gebiede skoonmaak.

Die paaie-infrastruktuur en munisipale geboue en fasiliteite verkeer in ‘n jammerlike toestand as gevolg van vandalisme en ‘n gebrek aan onderhoud. Die rioolstelsel is onlangs tot stilstand gebring weens gesteelde pompe wat steeds nie vervang is nie. Straatligte brand nie gedurende die nag nie en rekeninge word slegs sporadies gelewer, wat die inkomste-stroom van die munisipaliteit belemmer.

Inwoners behartig reeds sekere munisipale funksies, soos vullisverwydering en die skoonmaak van middelmannetjies, parke, die begraafplase en ander openbare areas waarvoor die munisipaliteit eintlik verantwoordelik is. Dit is onaanvaarbaar om van belastingbetalers te verwag om die dienste waarvoor hulle die munisipaliteit betaal, self te verskaf.

Die VF Plus eis dat daar dringend aandag geskenk word aan die Nala-inwoners se griewe. Die gesteelde pompe moet so vinnig as moontlik vervang word en sekuriteitsmaatreëls moet dringend opgeskerp word by munisipale geboue en openbare areas.

Munisipale rekeninge moet op ‘n maandelikse basis verskaf word ten einde die inkomste-stroom van die munisipaliteit te verseker, wat uiteindelik vir die instandhouding en uitbreiding van noodsaaklike infrastruktuur moet betaal.

Die algehele verval in die munisipaliteit bevorder nie die ekonomiese aktiwiteite in die area nie wat lei tot ontvolking en gevolglik die verdere verval van die dorpe. Die inwoners van Nala verdien beter.

Kontakbesonderhede: 082 770 6201

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.