Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad nooi inwoners uit om deel te neem aan die besluitneming van die 2023/24-finansiële jaar se konsep-geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) en die konsepbegroting.
Die begroting en die GOP raak elke inwoner van Ekurhuleni om behoeftes in elke wyk aan te spreek.
Inwoners word aangemoedig om openbare vergaderings by te woon asook van alternatiewe geleenthede gebruik te maak om insette te lewer.
Kommentaar vanuit die gemeenskap sluit op 26 April 2023.
Inligting oor waar en wanneer die openbare vergaderings gehou word, kan verkry word op die metro se webtuiste – www.ekurhuleni.gov.za/current-campaigns/comment-on-the-integrated-development-plan/.
Die GOP is op die metro se webtuiste by www.ekurhuleni.gov.za/campaigns/idp/ beskikbaar.
Kommentaar kan elektronies gelewer word deur ‘n e-pos te stuur aan budgettips@ekurhuleni.gov.za.
Biblioteke in die metro stel ook rekenaars aan inwoners beskikbaar om voorstelle en bekommernisse oor die plan en begroting in te dien.
Die GOP is ‘n belangrike plaaslike regeringsinstrument om oor kwessies soos onder meer grondbestuur, bevordering van ekonomiese ontwikkeling en begrotings te besluit.
Die VF Plus is 'n voorstaander vir openbare deelname en moedig inwoners aan om die proses deel te neem.