fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus maak kapsie teen Noordwes-LUR se aanstelling van waarnemende munisipale bestuurder in Ramotshere Moiloa

Die VF Plus het vandag tydens ‘n raadsvergadering van die Ramotshere Moiloa-plaaslike munisipaliteit, wat Zeerust en Groot Marico bedien, sterk kapsie gemaak teen die aanstelling van Ramokatane Mogale as waarnemende munisipale bestuurder.

Mogale se aanstelling is vandag deur die munisipale raad bekragtig in opdrag van Lenah Miga, Noordwes se LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en behuising (Cogsta).

Mogale is deur Miga herontplooi vanaf die sukkelende Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit wat Koster en Swartruggens bedien. Die verval weens swak bestuur in hierdie ANC-beheerde munisipaliteit is oorbekend.

Die rasionaal vir Mogale se skynbare bevordering na ‘n groter munisipaliteit ten spyte van die mislukkings in Kgetlengrivier, is verstommend.

Die VF Plus het aangedring dat daar ‘n behoorlike aanstellingsproses gevolg moet word vir die aanwysing van ‘n munisipale bestuurder in Ramotshere Moiloa.

Die inwoners van Zeerust en Groot Marico verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.