fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-leier besoek slagoffer van plaasaanval in hospitaal

Die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, het vanmiddag Joe Astle, ‘n slagoffer van die plaasaanval op Kersdag buite Leeudoringstad, in die Tshepong-hospitaal by Klerksdorp besoek.

Gister was daar ‘n poging om Astle en sy moeder Karin Nel na die Life Anncron-kliniek in Klerksdorp te laat oorplaas, maar hulle is terug gestuur Tshepong-hospitaal toe, aangesien die nodige fondse nie beskikbaar was nie. Karin Nel is intussen ontslaan uit die hospitaal.

“Onder omstandighede gaan dit goed met Joe Astle en kon hy met my gesels ten spyte van die koeëlwond in sy mond. Die skietwond bokant sy linkeroog het ook steke ontvang en hy het my verseker hy is tevrede met die sorg wat hy ontvang.

“Die omstandighede in saal 3 wat ek besoek het is skoon en die personeel het my dadelik bygestaan om Joe te besoek. Hy het teenoor my bevestig dat sy moeder ontslaan is en dat dit beter gaan met sy ouma en oupa wat ook die aanval oorleef het. Spesialiste sal hom Woensdag besoek en ‘n besluit neem of dit veilig is om die koeël wat nog vassit te verwyder al dan nie. Ek sal verdere opvolg besoeke doen,” sê dr. Pieter Groenewald

Groenewald het ook gesê plaasmoorde se verhouding tot die bevolking is tans 130 per 100 000, teenoor die 33 per 100 000 van moord in Suid-Afrika. Dit is ‘n ernstige probleem en die boeregemeenskap word geteiken. Daar is ook ‘n toename in plaasaanvalle vir 2016 wat verder kommer wek.

Deel van die probleem is dat, hoewel die polisie verklaar het dat plaasmoorde as prioriteit ondersoek word, die landelike beveiligingsplan van die polisie nog nie behoorlik in werking gestel is nie. Daar word ook te lank gesloer om reserviste aan te stel in landelike gebiede.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.