fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-Kimberley aan Sol Plaatje: “Gebruik virtuele platforms vir openbare skakeling met gemeenskap”

In 'n ope brief aan die burgemeester, Patrick Mabilo en waarnemende munisipale bestuurder, Boy Dhluwayo, van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit, vra die VF Plus in Kimberley 'n zoom-vergadering aan as deel van die munisipaliteit se skakeling met inwoners.

Munisipaliteite word deur die wet verplig om prosesse van openbare deelname te hê met alle gemeenskappe in die munisipale gebied. Dit gebeur nie in Sol Plaatje nie.

Terwyl verslagdoening oor prestasie en beplanning vir die komende jaar alle belangstellendes moet bereik, beperk Sol Plaatje hierdie skakeling tot die minimum.

Geleentheid om met die munisipale bestuur te skakel, is op 'n radiostasie met beperkte blootstelling gebied. Verder is daar 'n openbare geleentheid van twee uur lank, waar slegs vyftig mense toegelaat sal word. Die VF Plus beskou dit as onvoldoende.

Die party se ondersteuners is 'n deel van die gemeenskap wat dienste en belastings getrou betaal. Die munisipaliteit behoort uit sy pad te gaan om dit ook vir hierdie gemeenskap moontlik te maak om deel te neem.

Sedert die grendelstaat 'n raps langer as ‘n jaar ingetree het, is vergaderings op virtuele platforms toeganklik vir talle Suid-Afrikaners. In 'n ope brief versoek die VF Plus in Kimberley die munisipale bestuurder derhalwe om op ‘n datum en tyd ooreen te kom om op hierdie wyse met inwoners te skakel wat van ander geleenthede uitgesluit is.

Die VF Plus roep Kimberliete op om op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap aan die munisipaliteit te stuur oor verslagdoening.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.