fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus is tevrede met hofuitspraak vir uitsetting van onwettige grondbesetters in Potchefstroom

Die VF Plus is tevrede dat die reg sy verloop geneem het met die bevel in die Mahikeng-hooggeregshof vandag dat die departement van landbou moet toesien dat die onwettige grondbesetters by Mooibank buite Potchefstroom teen 31 Januarie 2023 uit die gebied verwyder moet word.

Hierdie bevel volg nadat ‘n aansoek by die hof ingedien is om die departement te gebied om uitvoering te gee aan ‘n bevel wat reeds in 2021 toegestaan is.

Dit bepaal dat die besetters verwyder moet word met die opheffing van die Covid-19-ramptoestand.

Die onwettige optrede van die besetters het reeds tot groot ontwrigting van die plaaslike landbougemeenskap gelei.

Waterbronne is besoedel en die besetters het hulle selfs tot gewelddadige protesoptrede teen plaaslike gemeenskapslede gewend om hul onregmatige eise op die owerhede af te dwing.

Die VF Plus het deurlopend druk op alle regeringsvlakke toegepas om reg en orde in die Mooibank-gebied te herstel.

Die burgemeester van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit, Gaba Ka Qhele, het intussen op versoek van die VF Plus met die polisie se provinsiale kommissaris, lt.genl. Sello Kwena, vergader om die veiligheidsituasie in die gebied te bespreek.

Die kommissaris het onderneem om polisie-teenwoordigheid in die Mooibank-gebied te vergroot om die plaaslike inwoners teen die gewelddadige optrede van onwettige besetters te beskerm.

Die VF Plus sal voortgaan om die situasie te monitor en sal intree indien die owerhede nie uitvoering aan die hofbevel gee nie.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.