Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Johannesburg veg vir belastingbetalers

Die VF Plus het tydens die Johannesburg-metroraad se begrotingsvergadering dit duidelik gemaak dat onderhoud en instandhouding nie net eenrigtingverkeer kan wees nie.

Die party is van mening dat die raad dringend aandag moet skenk aan die instandhouding van infrastruktuur van betalende belastingbetalers. Indien geld slegs aan opheffing en uitbreiding gespandeer word, kan die stad binnekort ‘n tekort op hul kapitaalbegroting ondervind.

"Die feit dat 76% van die stad se inkomste uit die sakke van getroue belastingbetalers kom, is kommerwekkend," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in Johannesburg-metroraad en deel van die koalisie-regering.

"‘n Eskalerende R51 miljard se operasionele begroting en ‘n meer stagnante kapitaalbegroting van R7,8 miljard dui daarop dat die operasionele- en personeelstrukture steeds ‘n omgekeerde piramide vorm.

"Goeie nuus is dat die koalisieregering R250 miljoen aan padonderhoud in die finansiële jaar gaan spandeer en verder poog om 6000 ondergrondse waterlekke te herstel.

"Dit sal meer privaat beleggingskapitaal na die stad kan lok.

"Daar is ook planne om die City Power-netwerk te stabiliseer en geïdentifiseerde elektriese substasies wat meer as ‘n eeu oud is, te vernuwe," sê De Lange.

Die provinsiale tesourie het onlangs Johannesburg geëvalueer en bevind  die stad se finansiële status is gesond.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.