Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Verpligte geskiedenis op skool ‘n poging om ANC-propaganda onder jeug te versprei

"Die aanbeveling van ‘n ministeriële taakspan dat geskiedenis 'n verpligte skoolvak tot in graad 12 moet wees, is ondeurdag en 'n manier wat die ANC gaan misbruik om sy propaganda onder leerlinge te versprei," sê adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter.

"Die huidige geskiedenis-sillabus is 'n eensydige verdraaiing van Suid-Afrika se geskiedenis wat wittes vir alle praktiese doeleindes bloot demoniseer.

"Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het die verslag vandag ontvang en aangedui dat dit haar goedkeuring wegdra. Die verslag noem ook dat die huidige geskiedenis-sillabus herskryf moet word om dit meer ‘Afrika-gesentreerd’ te maak. Tot nou is dit te ‘Eurosentries’.

"Hierdie metode om die ANC-regering se retoriek, ideologie en propaganda onder die jeug te versprei is niks anders nie as nog 'n stap nader aan 'n Marxistiese staat wat aan Stalin herinner.

"Die VF Plus sal insette lewer in die skryf van die nuwe sillabus om seker te maak dit word op ‘n gebalanseerde wyse aangebied.

"Die VF Plus versoek ook ouers om ‘n doelbewuste poging aan te wend om hul kinders van ‘n jong ouderdom af ‘n ware, gebalanseerde perspektief van die land se geskiedenis te gee. Dit kan nie net aan die ANC oorgelaat word nie," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.