fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om verkeersprobleme by Prospectus Novus-skool in Mayville, Pretoria op te los

Die VF Plus se Veilige Verkeersbestuur-aksie het hierdie week uitgebrei na Prospectus Novus, ‘n leergestremde skool in Mayville, Pretoria, waar die party gesorg het dat verskeie padtekens aangebring word.

Die Pospectus Novus-skool huisves sowat 250 leerders met ‘n verskeidenheid leerprobleme.

Die Tshwane-metro het reeds padtekens op die padoppervlak aangebring en die volgende verkeerstekens sal bykomend aangebring word:

• Die verskuiwing van die 40km/h-teken vanaf Louis Trichardtstraat na Fred Nicholsonstraat waar die hoofingang is.
• Die verf van parkeerareas in Fred Nicholsonstraat.
• Installering van ‘n bord om onwettige parkering langs die voetgangeroorgang te verbied.
• ‘n Verhoogde voetgangeroorgang aangesien Fred Nicholsonstraat die tweede ingang van die skool is.

Die skool kan nie skoolpatrolliediens instel nie en is daarom afhanklik van ‘n effektiewe verkeersbestuurplan.

Nog ‘n probleem wat aangespreek moet word, is parkering vir minibus-taxi’s.

Die skool is sowat 40 jaar oud en het sedert sy ontstaan uitgebrei en sukkel om die verkeersvloei te hanteer. Minibus-taxi’s vervoer leerders van en na Prospectus Novus en Alma-skool wat ‘n kilometer vandaar geleë is.

Die VF Plus is toegewyd om skole met verkeersprobleme te help om die gebied veilig vir leerders en inwoners te maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.