fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende antwoorde van JB Marks-munisipaliteit oor onwettige grondbesetters

Die VF Plus het vandag in ‘n skrywe dringende antwoorde oor die verskuiwing van die onwettige grondbesetters by Mooibank net buite Potchefstroom van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit se burgemeester, Gaba Ka Qhele, geëis.

Dit volg nadat die ANC-beheerde JB Marks-munisipaliteit gister tydens ‘n raadsvergadering ‘n voorstel aanvaar het dat die grondbesetters na Klipdrift, sowat 20km buite Potchefstroom, verskuif word.

Ka Qhele het die vergadering ook meegedeel dat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming versoek gaan word om vir grasie aansoek te doen dat die hofbevel wat bekom is en wat bepaal dat die besetters teen 31 Januarie die gebied moes verlaat, eers op ‘n latere datum in werking moet tree.

Die besette grond behoort aan die departement, maar die munisipaliteit het ook ‘n wetlike verpligting om die verskuiwing van die besetters te bewerkstellig.

Die VF Plus eis in die skrywe dat die burgemeester en munisipaliteit konkrete stappe en tydlyne moet uitstippel oor die verskuiwing van die grondbesetters.

Die VF Plus eis verder dat die JB Marks-munisipaliteit sy wetlike en morele verpligtinge teenoor die wetsgehoorsame inwoners van die Mooibank-gebied moet nakom.

Dit wil tans voorkom of die ANC-beheerde munisipaliteit met opset teen die wettige inwoners van JB Marks regeer en hul legitieme regte en belange minag.

Die wettige inwoners moet reeds sedert Januarie 2021 saamleef met die geweld, ontwrigting en besoedeling as gevolg van die optrede van die onwettige besetters.

Die party sal volhou om in die belang van die wettige inwoners van die Mooibank-gemeenskap te stry om hul regte af te dwing.

Die inwoners van JB Marks verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.